








|
|
|
Vandag, 29 Junie 2006 gaan “Kraaines” op die internet. Ek sal ’n bietjie van myself vertel. My naam is Ronel en my man se naam is Frits. Ons woon in Zoetermeer. Frits is in Standerton gebôre en het op verskillende plekke in Suid-Afrika gewoon. Toe hy 14 was het sy ouders wat Nederlanders is besluit om weer terug te gaan na Nederland. Ek kom van Despatch, ‘n klein plekkie naby Port Elizabeth. Ek het daar opgegroei en skool gegaan. Toe ek 20 was het ek by my suster in Nederland gaan kuier, sy was inmiddels getroud met die broer van Frits, Gys. Ek het natuurlik van die bestaan van Frits geweet en toe ek hom weer sien na al die jare, was ek sommer smoorverlief. Twee jaar later is ons getroud, alweer 19 jaar gelede. Ons van is Kraay en daarom is die naam van ons internet winkel “Kraaines”. Ons Kraaines is inmiddels ook uitgebei, ons het 3 dogters, 1 van 18, 1 van 15 en 1 van 9 jaar. Ons probeer elke jaar na Suid-Afrika te gaan vir vakansie en om by ons familie te kuier, daarom weet ons ook hoe belangrik dit is om Suid-Afrikaanse lekkernye te kan koop, maar dan is ‘n jaar lang om te wag, daarom het ons besluit om self ‘n internetwinkel op te rig. Ons hoop dat julle baie gaan geniet van ons “Kraaines”. |